Afrikaanse Gedig: Uit Dikmelk en Nettige-vet

tractor3712-1454747787-41.jpg

Inleiding

Voorblad. Krediet: https://pixabay.com/en/tractor-old-antique-abandoned-371250/ (Gratis fotos vanaf Pixabay)     

Hantam staan in ‘Steenbok-se-pan’

Hantam staan in ‘Steenbok-se-pan’

Van biltong-tyd tot wit mielie-vlei

Le die trekker spore ge-chevron  of die warm kronkel-paadjie

Leweloos met opgekrulde, geriffelde riffels,

lei die paadjie na die dikmelk-boom

Koel en afgemat le die bruin-en-swart honde uitgesterk

hygend onder die trekker se gesleepte wa

———————————————————–

Die son brand golwe uit die Vrystaat aarde

Die sinkplaat golwe maak hulle duinings knip-oog ver

Die blou-groen mielies roep uit na die son en smeek vir nog vog

Waar sal hulle hulp vandaan kom?

Piet, Thys, Stoffel en Sias se dikmelk-bottels,

hang stil onder die sleepwa se warm staal

——————————————————–

Die hoop van Steenbok-se-pan le diep

in die stem en die oe van Johannes Lodewyk

‘Hierdie jaar gaan hulle blou staan as ek so na die wolke kyk’

Die stikstof en die pitte het mooi geval,

diep met baie ver vooruitsigte

‘Steenbok-se-pan gaan blou staan’, se die man in khaki-en-sandaal

*Wat is die Hantam?

Die Hantam is ‘n streek op ‘n hoë plato rondom die dorp Calvinia in die RSA (Suid-Afrika). Aan die westekant grens dit aan Namakwaland en die Bokkeveldberge, noordwaarts aan Boesmanland, suidwaarts loop dit tot by die Roggeveldberge.

*‘Steenbok-se-pan’ verwys na n soortgelyke streek soos Hantam in die Karoo, dit is egter gelee in die Vrystaat (RSA). Warm mielie wereld.

Geneem uit: https://af.wikipedia.org/wiki/Hantam-Karoo

Verlate trekker in die veld. Krediet: Pixelbay  https://pixabay.com/en/tractor-antique-tractors-vintage-115062/
Verlate trekker in die veld. Krediet: Pixelbay  https://pixabay.com/en/tractor-antique-tractors-vintage-115062/

Boeremusiek: Ernst se gunsteling musiek

Errie het Saterdag middae, so om en by 4 namiddag, na sy silwer Toyota motor toe gestap. Hy het gaan sit aan die passasiers kant en het dan het hy na sy gunsteling musiek gesit en luister.

Die vrolike konsertinas and trekklaviere het gesing van lekker waenhuisdans , van vastrap, en van lekker ‘balke toe’.

“Hiert jou lekker skotteljons…”.

Luister na die lekker banjo spel hieronder:’Lekker ou Jan’-Klipwerf

‘Leker ou Jan’ Klipwerf Boereorkes. Lekker Boeremusiek soos Errie darvan gehou het. Krediet:Klipwerf Boereorkes. Opgeneem YouTube 15 Februarie 2016. Opgelaai deur: kalaharibul op 29 Julie, 2010. Link: https://youtu.be/p95gTY_kzsQ?list=PLF7hhhGK6VLnYRA21k1D4s0rEBwjr3Ywy  

Ter nagedagtenis aan Ernst Johannes Lodewyk Kleynhans

Foto van Ernst & Lizzia Kleynhans op die vertoonrak van Malinda en William se huis (NZ). Foto gemonteer in n 'trekker fotoraam'. Sien die ou windpomp en oliekannietjie links. Die artifakte is simbole wat Malinda aan haar kosbare pa en ma op die plaas (Doringkuil & Steenbokpan-Hoopstad en Bloemhof omgewing. RSA) herinner. Krediet: Malinda Van Zyl.  
Foto van Ernst & Lizzia Kleynhans op die vertoonrak van Malinda en William se huis (NZ). Foto gemonteer in n ‘trekker fotoraam’. Sien die ou windpomp en oliekannietjie links. Die artifakte is simbole wat Malinda aan haar kosbare pa en ma op die plaas (Doringkuil & Steenbokpan-Hoopstad en Bloemhof omgewing. RSA) herinner. Krediet: Malinda Van Zyl.  
 
 
Naamplaat by roosboom wat geplant is deur Malinda Van Zyl ter nagedagtenis aan haar pa Errie Kleynhans van Bloemhof, RSA. Roosboom staan by Kimihia Home and Hospital, Huntly, New Zealand. 
Naamplaat by roosboom wat geplant is deur Malinda Van Zyl ter nagedagtenis aan haar pa Errie Kleynhans van Bloemhof, RSA. Roosboom staan by Kimihia Home and Hospital, Huntly, New Zealand. 
Malinda van Zyl, dogter van Ernst Kleynhans.
Malinda van Zyl, dogter van Ernst Kleynhans.

Die skrywers

Die skrywers/digters hou daarvan om die beelde van ‘gister’ in woorde te omskryf. Die helder ervaringe en herinneringe kry heuning-soet betekenis op die wit bladsye, as hulle terug reflekteer op wat gebeur het, lank gelede in die spelonk van hul gedates. Soms tuur hulle die verte in en skryf hulle oor dit wat aangerol kom oor die ronde aarde.

William & Malinda Van Zyl

William Van Zyl  
William Van Zyl  
https://fivehousepublishing.com/
https://fivehousepublishing.com/
Malinda Van Zyl
Malinda Van Zyl

http://williamvanzyl.com/Malinda.php

Kopiereg

Kopiereg

Hierdie gedig/gedigte is vir die uitsluitlike doel vir lees-en-geniet. Dit is die werk van William & Malinda Van Zyl – tensy anders vermeld.  Die foto’s is meestal ons eie eiendom en geen materiaal mag gebruik word sonder direkte geskrewe/getikte toestemming nie.  Om dit te gebruik sonder toestemming is onwettig.

Kort gedeeltes van die werk mag gedeel word op sosiale webtuistes met volledige verwysings. Die kort verwysings of ‘links’ moet gepaard gaan met erkenning aan die outeur/digter (voeg naam by). Die werk mag onder geen omstandighede vir kommersiële doeleindes gebruik word nie. Dit is die eksklusiewe eiendom van William & Malinda van Zyl. Die werk kan moontlik beskikbaar gemaak word.

Wannner die ‘link’

https://williamvanzyl.atavist.com/afrikaanse-gedigte-dikmelk-en-nettige-vet-hantam-staan

gebruik word en aangestuur word, moet krediet aan die outeur gegee word.

Kontak:

williamvzyl@xtra.co.nz

Published by williamvanzyl

Author, educator, photographer & poet

Design a site like this with WordPress.com
Get started